top of page

Writing.

Naam Van Dier Dorp

Sosiale media is ons hedendaagse joernale.  Dis waar ons versamel, opteken, vaslê en dokumenteer.  In hierdie boek het ek my gunsteling-stories wat ek op sosiale media deel gaan rangskik.  Dis die mees verteenwoordigende blik van wie en wat ek is.  

 

Die titel van die boek dui op 'n speletjie wat ons kleintyd op skool gespeel het:  kies 'n letter, en kyk wie kan die vinnigste 'n naam van dier en dorp met daardie letter identifiseer.  Vandag besef ek dit was ook 'n manier van inligting vasvang en orden.  Ek weet nou ek skryf eintlik maar net oor mense en plekke en dit pas als mooi in daardie kategorieë.  

 

Die boek is beskikbaar in beide gedrukte asook digitale formaat en word slegs via hierdie webblad verkoop.

bottom of page