Meer oor my

My naam is Gielie Hoffmann. Meeste van die tyd is ek besig in my kop. Ek luister na wat ander sê, of dink na oor wat hulle gesê het of skryf iets neer na aanleiding van wat hulle gesê het. Eers dan sal ek praat.

Hierdie webblad huisves alles waarna ek luister, waaroor ek dink en skryf en ja, soms dan oor praat.

Ek help graag. Om een of ander rede is dit deel van my DNA. Voor ek my kan kry bied ek my hulp aan. Kleintyd het ek gedink dit gaan wees as dokter, daarna as prokureur en vir ‘n baie kort wyle as rekenmeester.

Vandag help ek atlete, maatskappye, leiers, entrepreneurs en kunstenaars wat graag hul prestasie na die volgende vlak wil vat. Die mooi Afrikaanse woord vir my werk is “geestesbreier”. Lees meer hieroor hier.

Maar deur dit alles het ek nog altyd geskryf. Eers opstelle, toe toesprake, daarna artikels en toe rubrieke. Ek het langs die pad my stem begin ontdek en besef ook hier kan ek ander help. So alles wat ek skryf deel ek met die hoop dat iemand erens iets daaruit sal kan haal.

En nou wil ek graag ook begin praat. My stem gebruik. Om te leer by ander. En dit dan met julle te deel. Soms is dit in ‘n gesprek of as deel van ‘n paneel, soms in die media, soms op my nuwe podcast, The Gielie Hoffmann Project.

Ons hoef nie oor alles saam te stem nie. Maar ons kan alles oorweeg en in ag neem. Ek luister graag na julle. As aktiewe burger van die land glo ek in gesprek, diversiteit, ooreenkomste en debat. Ek glo my Afrikanerskap moet my Suid-Afrikanerskap bevorder. Daarom probeer ek baie keer sin maak van ons bestaan hier. Ek wil nerens anders wees as hier nie.

Gesels asseblief saam. Vat die gesprek verder.