Met ‘n kettinkie om die enkel

Ek sien haar stap met twee Spar-sakke in die hand. Bly seker naby die winkelsentrum. Sy glimlag hemelsbreed. Ek ry stadiger.

Haar kort hare wip met elke tree.
Sy het oop skouers – bruin, ferm.
Tuinhekkie-sonbril op.
Silwer sandaal.
Dun kettinkie om die enkel.
Sy is maklik 60.

Ek is reeds verby en sien sy vat 'n wye draai en lê in om die hoek. Erens het sy al die laaste been op 'n aflos gehardloop.

Vir 'n oomblik ruik sy weer Coppertone. Sy is 22 en op die strand. Die wêreld is haar oester. Niks gaan haar keer nie.

En toe breek die een sak.

*'n Happy storie. Not a happy ending. Cut your losses en loop daai catwalk.

En hy piets haar<< >>Oor flat tires en moersleutels

About the author : gieliehoffmann

Has one comment to “Met ‘n kettinkie om die enkel”

You can leave a reply or Trackback this post.
  1. pieter mostert - July 29, 2017 Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.