Die Tannies en hul Tupperbakkies

Met die onlangse #FeesMustFall-optogte het dié siening kort-kort opgeduik: Die ware revolusie moet plaasvind in primêre en sekondêre onderwys. Ons kinders moet beter spel, lees, optel en skryf. Met daardie vaardighede word al die ander wetenskappe vir hulle oopgesluit.Min kom egter daarby uit weens oorvol klasse, swak opgeleide onderwysers, ’n tekort aan hulpbronne en die […]

Oor flat tires en moersleutels

Niks laat 'n mens meer verslae as die aankoms by 'n kar met 'n pap wiel nie. Vir 'n oomblik wil jy dit nie glo nie. Grotendeels omdat jy weet wat nou moet gebeur. Dis 'n oefening wat ontwerp is om jou diep nederig te hou. As jong seuns was dit deel van ons inisiasie; […]

Met ‘n kettinkie om die enkel

Ek sien haar stap met twee Spar-sakke in die hand. Bly seker naby die winkelsentrum. Sy glimlag hemelsbreed. Ek ry stadiger. Haar kort hare wip met elke tree. Sy het oop skouers – bruin, ferm. Tuinhekkie-sonbril op. Silwer sandaal. Dun kettinkie om die enkel. Sy is maklik 60. Ek is reeds verby en sien sy […]

En hy piets haar

Ek is al heelmiddag lus vir pizza. Beste opsie naby my is Panarotti's. Niks gourmet nie. Maar ons almal se pizza-tande is gesny op brood-deeg en vuurwarm pynappel blokkies. No judgement here. Ek klim in die kar. Bonus! Eet soveel soos wat jy kan-aand. Skyf vir skyf. Ek soek 'n tafel met 'n kragprop; my […]

‘n Koek soos my ma s’n

Ek wil vandag 'n lekker stuk sjokolade-koek eet. Een met regte botter, regte eiers en regte meel in. Ja, ook regte suiker. As mens oortree moet jy behoorlik oortree. Dit moet 'n behoorlike skyf wees. Iets tussen 'n 1/8 en 'n 1/6 van die koek. Nie daai flenters wat jy as boekmerk kan gebruik nie. […]

‘n Ligte stamp op ‘n Vrydagoggend

Ons bure het nie geglo in "car insurance ". Dis nie dat daar altyd 'n kar op bakstene gestaan het nie; net dat hulle nie te veel gepla was oor 'n krap of 'n stamp nie. Deel van die versiering, het hulle geglo. Natuurlik was dit my voorreg om soms saam met hulle huis toe […]

Sosiale Media Reëls vir jou ma

Deur Gielie Hoffmann Niemand sal daai oomblik vergeet toe jou ma jou gevra het om ’n vriend van jou op Facebook te wees nie. Dit bly sekerlik een van die grootste besluite in jou lewe: Laat jy haar toe binne jou digitale lewe of gee jy haar die koue skouer? Ek het ’n vriendin wat […]